Eko-minuut 13:30
BULLETIN 3 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Professore Gerhard Steenkamp en Adrian Tordiffe van die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde in Onderstepoort het na Kambodja gereis om ‘n tandtrek-prosedure op ‘n olifant uit te voer. Steenkamp sê die reis wat tot dié reusetaak gelei het, het bykans 18 maande gelede begin toe dokter Navaneetha Roopan die Kulen-olifantwoud besoek het, waar hy die olifant met ‘n gebreekte tand opgemerk het:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku ‘n sterk kouefront sal ontwrigtende reën, sneeu en erge weerstoestande in verskeie streke veroorsaak. Die Wes- en die Noord-Kaap kan swaar reën en vloede verwag, terwyl dit kan sneeu op die Drakensberge. Temperature sal na verwagting môre daal in die suidelike dele van Mpumalanga en die kwik kan vriespunt bereik in Johannesburg. Sterk wind veroorsaak intussen ‘n veldbrandgevaar in die Noord-Kaapse binneland. Suid-Afrikaners is gevra om versigtig te bly te midde van die uiterste weerstoestande.
# En ten slotte: ‘n Verslag van die Verenigde Nasies toon die Horing van Afrika beleef sy ergste droogte in 70 jaar. Dit volg na talle swak reënseisoene in Kenia, Ethiopië en Somalië. In Somalië is sowat 43-duisend mense in 2022 dood aan hongersnood wat deur droogte veroorsaak is. Die VN sê droogte het ʼn verwoestende uitwerking op mense en die natuur, ook elders in Afrika. Seekoeie word in Botswana in droë rivierbeddings gestrand terwyl olifante in Zimbabwe en Namibië uitgedun word om oorbeweiding te voorkom en honger gemeenskappe te voed.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….