Eko-minuut 13:30
BULLETIN 2 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# City Power het die instelling van nuwe laaistasies vir elektriese voertuie aangekondig, ‘n belangrike mylpaal in Johannesburg se oorgang na skoon energie. Deel van City Power se tien-punt-energieplan sluit in die omskakeling van sy vloot na elektriese voertuie, om stadswye laai-infrastruktuur op te rig asook die bekendstelling van battery-ruilstelsels. Die woordvoerder, Isaac Mangena, sê die stap sal uitstralings en brandstofkostes verminder en vaardigheidsontwikkeling bevorder, wat Johannesburg ‘n leier sal maak in groen beweeglikheid en ekonomiese vernuwing:
# ’n Hittegolf hou Europa steeds in sy greep, terwyl Brittanje ’n maksimum-temperatur van 33,6-grade Celsius in Kent aangeteken het, wat dit die warmste dag van die jaar tot dusver maak. In Turkye is 50-duisend mens ontruim as gevolg van weghol-veldbrande. Twee mense is dood in Italië, en dele van Portugal en Spanje het die hoogste temperature ooit in Junie ervaar. In Frankryk is ‘n rooi waarskuwing, die hoogste vir uiterste hitte, in werking in 16 streke, insluitend in Parys, waar die boonste vlak van die Eiffel-toring gesluit bly.
# En ten slotte: Die verlies aan wortelbome in die Marereni-streek in Kenia vererger die erosie van die kuslyn en beperk inwoners se inkomste. Die Amerikaanse organisasie, Seatrees, stel dié probleem reg deur sy bioverskeidenheids-kredietprogram. Die projek ondersteun meer as 600 inwoners en verskaf inkomste deur kwekerye en bewaring. Hulle het met hulp en gemeenskapsbetrokkenheid 190-duisend bome geplant, wat bioverskeidenheid en visvangste aanhelp. Herstelpogings gaan voort om die ekostelsel te verbeter en lewensgehalte te verhoog, ondanks onwettige houtkap en besoedeling.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….