Eko-minuut 13:30
BULLETIN 1 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê ‘n sterk kankerbestrydende middel is in die diepsee aan die suidkus ontdek. Die middel word uit ’n seldsame seewurm onttrek en toon goeie potensiaal in die behandeling van kankers soos leukemie deur kankerselle spesifiek te teiken. Daar word verwag dat die ontdekking belegging in seenavorsing, farmaseutiese middels en biotegnologie sal aanwakker. Minister Dion George sê die deurbraak bewys hoe belangrik dit is om Suid-Afrika se oseaane te beskerm, nie net vir bewaring nie, maar ook vir gesondheidsvernuwing en werkskepping.
# KwaZulu-Natal sal toegang hê tot Wes-Kaapse hulpbronne tydens groot natuurrampe. Dit volg nadat ‘n nuwe ooreenkoms van verstandhouding tussen die twee provinsies onderteken is. KwaZulu-Natal se LUR vir Openbare Werke, Martin Meyer, en Tertuis Simmers van die Wes-Kaap het die ooreenkoms in Musgrave onderteken om samewerking te versterk en belangrike infrastruktuur teen oorstromings te beskerm. KwaZulu-Natal worstel steeds om stormbeskadigde infrastruktuur te herstel, terwyl die Wes-Kaap binne weke beskadigde strukture herbou, gemeenskappe herkoppel en noodsaaklike dienste herstel het.
# En ten slotte: ‘n Nuwe studie van Yale-universiteit het onthul hoe stedelike natuurlewe by die stadslewe aanpas deur DNS in 21 parke in Detroit se grond te ontleed. Navorsers het 23 soogdierspesies opgespoor en verskuiwings volgens seisoene opgemerk. Diere vorm groepe in die winter en versprei meer in die somer. Groter parke ondersteun groter bioverskeidenheid terwyl die mens se teenwoordigheid spesies se patrone beïnvloed. Die studie beklemtoon die waarde van omgewings-DNS om wilde diere in stede te volg. Hy beveel aan dat groen ruimtes en natuurlike roetes uitgebrei word om stedelike ekostelsels te beskerm.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….