Eko-minuut 13:30
BULLETIN 30 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# CapeNature het 13-duisend-117 hektaar by die beskermde gebiede in die Wes-Kaap gevoeg om bewaringspogings te bevorder. Ten spyte van die uitbreiding is 30-persent van die provinsie se ekostelsels onder druk weens ontwikkeling, landbou en klimaatsverandering. Die laaste uitbreiding is deel van groter pogings om biodiversiteitsbrandpunte en belangrike habitatte te beskerm. In die Wes-Kaap word 828-duisend-442 hektaar tans amptelik bewaar, maar omgewingsgroepe waarsku dringende optrede is nodig om bewaringsteikens te haal en onherstelbare biodiversiteitsverliese te voorkom.
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die koue weer sal vandag in sekere dele van die land voortduur. Suid-Afrika trotseer sedert verlede week lae temperature, winderige toestande en nat weer. Daar word vanaf Woensdag nog ‘n kouefront in die Wes-Kaap verwag. Die Stad Kaapstad se woordvoerder vir Ramp-risikobestuur, Charlotte Powell, sê hulle hou die situasie steeds fyn dop:
# ‘n Groot deel van Europa loop deur onder ʼn hittegolf en owerhede het in talle lande gesondheidswaarskuwings uitgereik. Die suide van Spanje word die ergste geraak en ʼn nuwe rekord van 46 grade Celsius is Saterdag in die dorp, El Granado, aangeteken. Volgens Spanje se nasionale weerdiens is hierdie maand die warmste Junie op rekord. Rooi hittewaarskuwings is uitgereik in dele van Portugal, Italië en Kroasië, met talle geel waarskuwings in die res van Europa.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….