Eko-minuut 13:30
BULLETIN 26 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Suid-Afrika se energie-oorgang betree ‘n kritieke fase, en die kans om op te tree krimp vinnig. Dit sluit in hernubare energie en gasinfrastruktuur. Die 2025 Energiemarkprojeksieverslag van Cresco, Standard Bank Corporate en Investment Banking bevraagteken of Suid-Afrika die ses gigawatt se nuwe gasvermoë wat teen 2030 benodig word en tien gigawatt teen 2040, kan ondersteun. Rentia van Tonder van Standard Bank sê beleggers en beleidmakers moet beslissend optree om die land se energiebestendigheid en klimaatsgeloofwaardigheid te behou.
# Die Universiteit van die Witwatersrand het die beste plekke vir woudaanplantings uitgestippel. Die navorsing identifiseer gebiede waar herbebossingspogings mense én ekostelsels kan bevoordeel. Dit verskaf noodsaaklike data vir boomaanplantingsprojekte en om onbedoelde omgewingskade te vermy. Die programleier, Sally Archibald, waarsku in ‘n onderhoud met eNCA die aanplant van bome op verkeerde plekke kan ‘n negatiewe uitwerking op gemeenskappe en die bioverskeidenheid hê:
# En ten slotte: Die Britse liefdadigheidsorganisasie The Donkey Sanctuary sê amper ses-miljoen donkies word jaarliks geslag vir Chinese medisyne, met ernstige gevolge vir dorpsbewoners in Afrika wat op die diere staatmaak. Die behoefte word aangevuur deur die verhoging in China se vervaardiging van ‘n gesondheidsaanvulling wat kollageen uit donkievelle bevat. China se donkie-bevolking het van 11-miljoen in 1992 tot 1,5-miljoen in 2023 getuimel en die land keer homself nou na Afrika vir voorraad. Die Afrika-Unie het verlede jaar ‘n moratorium van 15-jaar op die slag van donkies geplaas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….