Eko-minuut 13:30
BULLETIN 25 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Stad Tshwane se nooddienste-afdeling sê hulle het begin met beheerde voorbrande in die Rietvlei-natuurreservaat in Centurion. Dit word gedoen as ‘n pro-aktiewe maatreël vir die voorkoming van enige brande wat verwoestend kan wees tydens die winterseisoen. Woordvoerder Lindsay Mnguni sê die publiek word versoek om brande by die noodkommunikasiesentrum aan te meld:
# Een van Namibië se baanbrekers in hernubare energie, InnoSun, sê hulle mik daarna om die nasionale teiken van 70-persent hernubare energie-opwekking teen 2030 te oorskry. Die maatskappy is bekend vir sy vroeë aanvaarding van skoon energie-oplossings. Nangula Geingos van InnoSun sê in ‘n onderhoud met Future Media News hulle beplan om sonkrag- en windkragprojekte uit te brei ter ondersteuning van Namibië se energie-onafhanklikheid en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte:
# En ten slotte: Hittegolwe in Amerika raak al gevaarliker weens klimaatverandering. Bykans 160-miljoen mense van die Midde-Weste tot die Ooskus moet aandag skenk aan waarskuwings oor hitte, terwyl waarskuwings oor uiterste hitte in sowat tien groot stede geld, insluitend Chicago, Boston, die stad New York en Detroit. Temperature kan oor die volgende paar dae in dele van die land tot hoër as 37-grade Celsius styg. Weerkundiges sê hittegolwe gaan weens klimaatsverandering erger raak, meer gereeld voorkom en langer duur.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….