Eko-minuut 13:30
BULLETIN 23 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Internasonale Finansiële Korporasie sê die vordering met kragopwekking in Afrika is bemoedigend. Altesaam 26-gigawatt hernubare energie is die afgelope tien jaar op die vasteland bygevoeg. Die korporasie steun Suid-Afrika se hervormings om die energiesektor vir meer beleggings oop te stel. Die liggaam se streeksnywerheids-direkteur, Sarvesh Suri, sê hulle werk saam met die Nasionale Tesourie, die Departement Elektrisiteit- en Energie en die Nasionale Transmissiemaatskappy om die land se eerste onafhanklike transmissieprojek van stapel te stuur, met verkryging wat vir volgende jaar beplan word.
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê die Kgodumodumo-dinosourussentrum in die Vrystaat sal omgewingsopvoeding en gemeenskapstrots bevorder. Hy en die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het die wêreldklas kulturele en wetenskaplike sentrum in die Golden Gate-hooglandpark bekendgestel. George sê dis ‘n plek waar wetenskap, kultuur en bewaring saamkom om ʼn storie van miljoene jare te vertel:
# En ten slotte: ʼn Studie het bevind die uitwerking van klimaatsverandering op diere-eienskappe kan baie vroeër begin as wat wetenskaplikes vermoed het. Navorsers wat op 87 naaldekokerspesies gefokus het, het bevind onderwater-toestande tydens hulle jong fase beïnvloed hulle volwasse eienskappe meer as latere fases op land. Die hoofskrywer en biologienavorser aan die McGill-universiteit, Lars Iversen, sê die bevindings kan die publiek help om te verstaan dat omgewingsveranderinge in lewenstadiums belangrik is ten opsigte van reaksie op die klimaat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….