Eko-minuut 13:30
BULLETIN 20 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Suid-Afrika se ikoniese protea, insluitend die Koningsprotea, is besig om weens klimaatsverandering te verskuif. Byna 200 variëteite floreer nou ver van hul natuurlike Kaapse habitat waar baie deukr uitsterwing bedreig word. Kenners sê stygende temperature, verlies aan habitat en veranderende brandsiklusse bedreig hierdie endemiese blomme. Deur vernuwing kweek sommige boere proteas met minimum besproeiing om hulle te bewaar. Die Koningsprotea is die land se grootste blom-uitvoerproduk met meer as tien-miljoen ter waarde van sowat 275-miljoen-rand wat verlede jaar uitgevoer is.
# Tien ernstig bedreigde swartrenosters is dié week suksesvol uit Suid-Afrika hervestig in die Zinave Nasionale Park in Mosambiek. Die vyf bulle en vyf koeie is geskenk deur Ezemvelo KZN Wildlife in samewerking met Mosambiek se Nasionale Administrasie vir Bewaringsgebiede en die Vredesparke-stigting. Antony Alexander van die stigting sê die hervestiging is gedoen om die eerste swartrenoster-bevolking te vestig sedert renosters vyf dekades gelede in Zinave uitgesterf het:
# En Arktiese veenlande is besig om uit te brei namate die klimaat warmer word. Nuwe navorsing dui aan dit is ‘n verandering wat aardverwarming in die korttermyn kan vertraag, maar sal die teenoorgestelde uitwerking veroorsaak in die toekoms. Hierdie koolstofryke reserwes wat bestaan uit gedeeltelik ontbinde organiese stowwe, bedek slegs drie-persent van die wêreld se oppervlak. Hoër temperature wat deur klimaatsverandering veroorsaak word, maak dit makliker vir plante om in die Arktiese streek te groei, en satellietdata toon die gevriesde streek word groener.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….