Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# AfriForum in die noorde van Gauteng sê hy sal vanjaar voortgaan met sy skoonmaakveldtog in Pretoria-Noord. Die organisasie het verlede week begin om parke insluitend Jopie Fourie-park skoon te maak deur vullis te verwyder, gras te sny, boomtakke af te saag en stortingsterreine op te ruim, sodat die parke weer toeganklik en veilig kan wees. AfriForum sê hulle doel is ‘n beter en skoner omgewing en hulle sal voortgaan om skoon te maak op plekke waar die Stad Tshwane nie kan uitkom nie.
# Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap doen ‘n dringende beroep op inwoners om nie skulpvis uit die see te eet nie. Dit volg nadat rooigety aan die kus van die Tuinroete opgemerk is, van Stormsriviermond, Plettenbergbaai, die Swartvleistrand, Kleinkrantz, Wildernis en Glentana tot by Mosselbaai. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Debra Sauer, sê rooigety is ‘n natuurlike verskynsel in kusgebiede en ontstaan wanneer mikroskopies klein alge dig saampak. Sy sê die verskynsel van rooigety sal na verwagting etlike dae duur:
# En ten slotte: ʼn Vulkaan het in Suidwes-Ysland uitgebars met gesmelte lawa wat die buitewyke van ʼn klein vissersdorpie bereik het, en wat sommige huis aan die brand laat slaan het. Die dorp is vroeër die tweede keer sedert November ontruim, weens vrese dat ʼn uitbarsting enige oomblik kon plaasvind, te midde van swaarder seismiese aktiwiteit. Reuters berig, die owerhede het verklaar niemand is in gevaar nie. Fonteine van gesmelte klip en rook het by krake in die grond uitgeblaas oor ʼn wye gebied tot by die dorp, Grindavik, waar minstens een huis aan die brand geslaan het, volgens beeldmateriaal wat deur plaaslike mediahuise uitgereik is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….