Eko-minuut 13:30
BULLETIN 19 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die vakverbond Cosatu in die Oos-Kaap het dankbaarheid uitgepreek vir die wye steun na die oorstromings by Mthatha waarin 90 mense dood en meer as twee-duisend-600 dakloos gelaat is. Cosatu het die reddingspanne, regeringsoptrede, en internasionale hulp geprys. Woordvoerder Zanele Sabela vra dringende gesamentlike ingryping om klimaatsverandering te versag:
Die Sustainable Seas Trust sê intussen die regering het vooruitgang gemaak met omgewingsbeskerming deur planne soos die bevordering van hernubare energieprojekte en die toepassing van die Wet op Klimaatsverandering. Die wet maak voorsiening vir die ontwikkeling van ‘n klimaatsveranderingsreaksie en ‘n langtermyn-oorgang na ‘n lae koolstof- en klimaatveerkragtige ekonomie. Die uitvoerende hoof, Janine Osborne, sê daar is steeds uitdagings, insluitend voortgesette afhanklikheid van steenkool en stadige ontplooiing van hernubare energie. Sy sê die regering moet ook die oorgang bespoedig.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse lugredery Airlink brei sy vloot uit met tien nuwe-geslag Embraer E195-E2-passasiersvliegtuie, wat hy by die Amerikaanse maatskappy Azorra sal huur. Aflewerings sal later vanjaar begin en tot 2027 duur. Die nuwe vliegtuie bied tot 29-persent besparing op brandstof en minder koolstofuitstralings, wat doeltreffendheid en vermoë verhoog. Die vliegtuie kan 124 tot 136 passasiers vervoer, sal netwerkuitbreiding ondersteun en ‘n verbeterde diens handhaaf. Die stap versterk Airlink se langdurige vennootskap met Embraer en sy verbintenis tot volhoubare groei in Afrika.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….