Eko-minuut 13:30
BULLETIN 13 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# ‘n Motorband-herwinningsaanleg in Newcastle, KwaZulu-Natal, Cryochem, het sowat sewe-miljoen-rand se staatshulp ontvang. Die maatskappy gebruik die proses van pirolise om ou motorbande in brandstof, koolswart en metale te omskep. Die onderneming het ʼn personeel van 20 en soek meer masjinerie om produksie te vergroot en globaal mee te ding. Die provinsiale wetgewer se Lewensgehaltekomitee het die maatskappy besoek en sy rol in jeugindiensneming en die ontwikkeling van groen ekonomie geloof.
# Geteikende optrede teen uitheemse indringerspesies kan die risiko van uitwissing van spesies in die Europese Unie met tot 16-persent verminder. Altesaam drie-duisend-759 spesies regoor die EU is onder druk of bedreig. Hiervan is 579 opgeteken as bedreigde spesies wat van gebiede buite hul natuurlike gebied ingebring is. Navorsers is van mening die Makaronesiese Eilande bied die grootste geleenthede om die gevaar van die uitwissing van spesies te verminder.
# En ten slotte: Wetenskaplikes het ‘n nuwe dinosourus-spesie ontdek wat volgens hulle die evolusionêre geskiedenis van tirannosourusse herskryf. Die twee skelette van 86-miljoen-jaar oud in die versameling van ’n Mongoolse museum is nou die naaste bekende voorouer van alle tirannosourusse, die groep wat die ikoniese T Rex insluit. Die spesie word Khankhuuluu Mongoliensis genoem, wat die Draakprins van Mongolië beteken. Prins verwys na ‘n vroeë, kleiner tyrannosauroid is wat op twee bene geloop het. Khankhuuluu sou ongeveer 750 kilogram geweeg het, terwyl ‘n volwasse T Rex ten minste agt keer swaarder was.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….