Eko-minuut 13:30
BULLETIN 5 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê plastiekbesoedeling is besig om die planeet te wurg, ekostelsels te skaad en die klimaat te verander. Vandag is Wêreldomgewingsdag met die tema Maak ‘n Einde aan Plastiekbesoedeling. Sowat 20-miljoen metrieke ton plastiekafval word jaarliks gestort en dit sal na verwagting teen 2040 aansienlik styg. Guterres sê die wêreld moet saamwerk om ‘n einde aan die plaag van plastiekbesoedeling te maak:
# Suid-Afrikaners word op Wêreldomgewingsdag aangemoedig om hulle rooibosteeblare te herwin as deel van pogings om afval te verminder. Die Suid-Afrikaanse Rooibosteeraad sê meer as 3,5-miljard koppies rooibostee word jaarliks gedrink wat ‘n geleentheid bied om gebruikte tee in kompos, natuurlike skropmiddels of mot-afweringsmiddels te omskep. Adele du Toit van die raad sê slegs tien-persent van afval word herwin en rooibos bied ‘n eenvoudige manier om ‘n skoner omgewing te skep:
# Die organisasie VN Handel en Ontwikkeling, Unctad, het gewaarsku die wêreldwye oseane-ekonomie staar toenemende druk in die gesig weens omgewings- en politieke skokke. Die organisasie het in sy wêreldhandelsverslag vir Junie 2025 die belangrike rol van oseane in werksgeleenthede, voedsel, innovering en handel beklemtoon. Die sektor is 39-biljard-rand werd en ondersteun 100-miljoen werksgeleenthede, maar verkeer in gevaar weens klimaatsverandering, besoedeling en stygende tariewe. In aanloop tot die 3de Verenigde Nasies-oseanekonferensie in Frankryk volgende week versoek die organisasie sterker oseane-bestuur, groen beleggings, billiker handel en klimaats-aanpasbare mariene infrastruktuur.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….