Eko-minuut 13:30
BULLETIN 30 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se besluit om ‘n inkortingsraamwerk goed te keur, sal na verwagting drie-duisend-470 megawatt broodnodige netwerkkapasiteit vir windenergie-projekte in die Wes- en Oos-Kaap bring. Deur beheerde inkorting van tot tien-persent toe te laat, is die doel om opeenhoping te verlig, nuwe beleggings te ondersteun en vorige raamwerkbeperkings wat die goedkeur van projekte opgehou het, aan te spreek. Die raamwerk wat tot Maart 2028 geld, sluit halfjaarlikse verslae en vergoedingsmaatreëls in om verbruikers te beskerm en aanspreeklikheid te verseker.
# The Green Connection waarsku die konsepregulasies in die Wet op die Ontwikkeling van Stroomop Petroleumhulpbronne kan demokratiese deelname kniehalter, die betrokke gemeenskappe opsyskuif en omgewingskade versnel. Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne hersien tans die wet. The Green Connection sê sy grootste kommer is dat die regering een ding sê oor sy klimaatverpligtinge, maar dan regulasies voorstel wat blykbaar fossielbrandstof bevorder. Hy voeg by die land moet dringend oorskakel na ‘n hernubare en volhoubare energieroete.
# En om mee af te sluit, die regering van Nepal is vasbeslote om die Berg Everest te beskerm te midde van klimaatsverandering en die toenemende aantal klimmers. Verlede jaar is meer as 11-ton rommel en vier liggame tydens ʼn skoonmaakoperasie van die berg verwyder. Nepal het nie reëls oor hoeveel dae klimmers moet bestee aan akklimatisering of oefenpogings nie. Permitte om Everest te klim is 90 dae geldig. Die minister van Toerisme, Badri Prasad Pandey, sê daar is ʼn dringende behoefte om avontuur-toerisme, en omgewingsbewaring en veiligheid te balanseer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….