Eko-minuut 13:30
BULLETIN 27 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die aktivisme-organisasie sonder winsbejag, Just Share, se nuwe verslag beskuldig Suid-Afrika se grootste besoedelaars dat hulle die regering se klimaatbeleidreaksie met 20 jaar vertraag. Die vertragings het die doeltreffendheid van die land se Wet op Koolstofbelasting en die Wet op Klimaatsverandering benadeel. Die verslag noem Sasol Limited, Business Unity South Africa en die Suid-Afrikaanse Mineraleraad. Just Share se woordvoerder, Emma Schuster, sê die korporasies wat vir die vertraging verantwoordelik is, tree nie op in belang van die meerderheid landsburgers nie.
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, sê Suid-Afrika se binnelandse en kusgemeenskappe moet meer bewus raak van die land se oseaan-erfenis. Hy het die hoofrede gelewer op ʼn slypskool met die titel, Verbind binnelandse gemeenskappe met die oseaan, in Mbombela, Mpumalanga. Dis deel van Suid-Afrika se groter #Ocean20-pogings onder sy G20-presidentskap om volhoubare gebruik van oseaanhulpbronne te verseker. Nzimande het aan die SABC gesê groter opvoedingspogings is nodig om oseaangesondheid met nasionale volhoubaarheids-doelwitte te verbind:
# En ten slotte: Inwoners van Gordonsbaai in Kaapstad het vanoggend wakker geword met die onverwagte gesig van ‘n see-olifant wat deur die strate beweeg – amper ‘n kilometer van die water af. Aanlyn foto’s en video’s wys die sigbaar uitgeputte rob wat stadig beweeg en selfs met sy bolyf op ‘n geparkeerde voertuig rus. Lede van die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermings-vereniging het gaan help. Woordvoerder Belinda Abraham sê inspekteurs werk aan ‘n veilige plan om die dier terug in die see te kry sonder om hom te veel te ontstel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….