Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# ‘n Amerikaanse burger, Derek Lewitton, wat verlede maand in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van renosterhorings, is op borgtog van 100-duisend-rand vrygelaat. Hy het in die Landdroshof in Namakgale, Limpopo, verskyn om formeel aansoek te doen om borgtog. Lewitton word aangekla van die onwettige besit van 17 renosterhorings en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die saak is tot 7 Maart uitgestel.
# Die Stad Kaapstad het die jongste in ‘n reeks kragverwante tenders uitgereik. Dit is om die impak van beurtkrag te versag, die stad se energievoorraad te diversifiseer, en afhanklikheid van Eskom te verminder. Die maksimum verkrygde kapasiteit wat in die vooruitsig gestel word, is 300 megawatt se versendbare kragkapasiteit en 200 megawatt se self-versendbare kragkapasiteit. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê dit is in ooreenstemming met die plan om onafhanklike krag by die stad se netwerk te voeg:
# En laastens: Die Copernicus-klimaatsveranderingsdiens berig 2023 was die warmste jaar op rekord, met die aarde se oppervlaktemperatuur wat ‘n kommerwekkende 1,48 grade Celsius bo voor-nywerheidsvlakke bereik het. Die aardverwarming het hittegolwe, droogtes en veldbrande verskerp, wat byna die helfte van die jaar verby die kritieke 1,5 grade Celsius-perk gedruk het. Wetenskaplikes waarsku oor selfversterkende klimaats-uitwerkings indien hierdie drempel konstant oortree word. Voorspellings dui aan 1,5 grade sal in 2024 oorskry word, en kenners beklemtoon die dringendheid om weg te beweeg van fossielbrandstowwe om toenemende gevolge te bekamp.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….