Eko-minuut 13:30
BULLETIN 16 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die energiehandelaar Discovery Green en die petrochemiese reus Sasol het ‘n nuwe maatskappy genaamd Ampli Energy bekendgestel wat beoog om hernubare energie meer toeganklik en goedkoper te maak vir klein, medium en mikro-ondernemings. Sasol het 450 gigawatt-uur se elektrisiteit per jaar vir Ampli Energy-kliënte opsygesit as deel van die eerste fase. Discovery Green se uitvoerende hoof, André Nepgen, sê hulle hoop dat die nuwe maatskappy ‘n aansienlike uitwerking sal hê op die land se kweekhuisgasvrystellings:
# Die DA vra die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, om die Ouditeur-generaal dringend opdrag te gee om ernstige finansiële en omgewingskwessies by die Lesotho-hoogland-waterprojek se tweede fase te ondersoek. Bouwerk is weer gestaak nadat ʼn kontrakteur nabygeleë riviere en die Katse-dam besoedel en noodsaaklike drinkwater met suur afvalwater besmet het. Stephen Moore van die DA sê die projek se koste het van agt-miljard- tot 53-miljard-rand gestyg:
ʼn Nuwe studie het intussen bevind byna ʼn derde van die antibiotika wat mense inneem, wat sowat agt-duisend-500 metrieke ton per jaar is, beland in riviere. Dit wek kommer oor die gevaar vir waterlewe en toenemende weerstandigheid teen antibiotika. Navorsers het 40 algemene antibiotikas nagespoor en uitgevind die besoedeling is wydverspreid, selfs op plekke waar min data beskikbaar is. Volgens die joernaal PNAS Nexus, is amoksisillien die algemeenste, veral in gebiede met swak watersuiweringstelsels. Kenners sê beter monitering en suiweringstelsels is nodig om risiko’s te verminder.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….