Eko-minuut 13:30
BULLETIN 7 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, lei ‘n afvaardiging in Denemarke vir die Kopenhagen Ministeriële Klimaatsvergadering. Die tweedaagse vergadering sal belangrike klimaatsbeleid bepaal in die aanloop to COP30 in Brasilië. Die minister is van plan om sterker vennootskappe, duidelike befondsingsroetes en optrede oor klimaatsaanpassing te verseker. Sy departement sê die afvaardiging sal voorspraak maak vir klimaatsgeregtigheid, werkskepping en die beskerming van bioverskeidenheid en gemeenskappe wat deur omgewingsbedreigings geraak word.
# Die DA in KwaZulu-Natal verhoog sy druk op die Nasionale Vervolgingsgesag en die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake oor die voortdurende rioolkrisis op die strande in eThekwini. Die DA-lid, Hannah Lidgett, sê verskeie Durbanse strande is gesluit weens gevaarlike E.coli-vlakke, maar geen amptenare word aanspreeklik gehou nie. Sy eis daaglikse watertoetse, dringende ingrypings en vinnige vervolging om openbare gesondheid en die stad se toerisme-ekonomie te beskerm:
# En ten slotte: Die uitsaaier, skrywer en natuurkundige David Attenborough glo sy nuwe rolprent, Ocean, kan ‘n beslissende rol speel in die redding van bioverskeidenheid en die beskerming van die planeet teen klimaatsverandering. Die rolprent beklemtoon hoe die oseaan die wêreld gevorm het en waarom die toekoms van die planeet verweef is met die gesondheid van oseane. Lande het hulle daartoe verbind om ‘n derde van die wêreld se oseane teen 2030 te beskerm. Attenborough sê die toestand van die oseaan het hom amper hoop laat verloor vir die toekoms van lewe op die planeet.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….