Eko-minuut 13:30
BULLETIN 5 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal dié week die Green Connection and Natural Justice se saak aanhoor oor TotalEnergies se omgewingsmagtiging vir toetse kuslangs van Kaapstad tot Kaap Agulhas. Die gevare van die olie- en gas-ondersoeke sluit in oliestortings, die uitwerking op klimaatsverandering en bedreigings vir kleinskaalse vissers. Neville van Rooy van die Green Connection sê dis belangrik dat deeglike prosesse gevolg en kusgemeenskappe teen enige moontlike gevare beskerm word:
# Tweedejaar dramastudente van die Durbanse Universiteit vir Tegnologie gaan van 14 tot 16 Mei die drama Umhlaba Uyalila/The Earth is Weeping in die Courtyard-teater opvoer. Die produksie is gemik op die toeligting van klimaatsveranderingskwessies soos droogte, vloede, afval en plastiek besoedeling. Die regisseur van die produksie, Tamar Meskin, het aan die SABC gesê die temas word deur ‘n veelvoud van genres – musiek, gedigte en beelde – verken:
# En die Europese Omgewingsagentskap sê Europese nywerhede het sedert 2007 die vrystelling van skadelike stowwe in die lug en water met tussen 40- en 75-persent verminder. Daar word egter beraam dat die grootste instellings in die Europese Unie steeds verantwoordelik is vir ongeveer 40-persent van kweekhuisgasvrystellings en vir 20-persent van alle lug- en waterbesoedelingstowwe. Die EU beoog om koolstofneutraliteit en zero-besoedeling teen 2050 te bereik. Die agentskap sê die EU het die inwerkingstelling van die 33 optredes in die nulbesoedelings-aksieplan afgehandel of bevorder.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….