Eko-minuut 13:30
BULLETIN 24 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Departement van Water en Sanitasie sê die Vaaldam ondervind tans ‘n volgehoue invloei van water weens die swaar reënval in sy opvangsgebied. Hulle moes as gevolg daarvan weer ‘n derde sluis oopmaak om van die water uit te laat. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die dam is 108,4-persent vol en hulle sal waarskynlik vandag nog ‘n sluis moet oopmaak. Sy sê die invloei van die Bloemhofdam neem intussen ook toe:
# Aktiste van Alexandra en kunstenaars werk saam om die besoedelde Jukskeirivier in Johannesburg te rehabiliteer. Die veldtog onder leiding van die omgewingsaktivis Hannelie Coetzee en Alexandra se Waterkrygers gebruik herwinde plastieknette om vullis op te vang. Hulle maak beelde van die rivierafval en wil ook meer as 40-duisend bome langs die rivier plant. Die gemeenskaps-gedrewe benadering wil die omgewing herstel en inwoners aanmoedig om eienaarskap van die rivier te neem.
# En ten slotte: Klimaatsverandering beïnvloed die aarde se wenteling om sy eie as, en word veroorsaak deur smeltende gletsers, pool-ys wat afneem en veranderende watervlakke. Dit is die bevinding van navorsers van die Switserse universiteit ETH Zurich. Die studie gebruik geskiedkundige data en toekoms-vooruitskattings om te bepaal hoe klimaatverwante massaverskuiwing die aarde se as laat kantel en in die toekoms verder sal laat kantel. Die navorsers sê minder vrystellings sal bydra om die aarde se as-wenteling bestendig te hou.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….