Eko-minuut 13:30
BULLETIN 15 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# ‘n Skaars Sable Cruiser-naaldekoker is naby die Renishaw Hills-gemeenskapsentrum aan die KwaZulu-Natalse Suidkus opgemerk. Dis slegs die 20ste keer dat dié skaars insek in Suid-Afrika gesien word. Die foto is op iNaturalist gelaai waar kenners die identifikasie bevestig het. Dis moontlik die suidelikste punt nóg waar dit opgemerk is. Renishaw Hills is die tuiste van sowat 75 naaldekoker- en waterjuffer-spesies. Wetenskaplikes sê die ontdekking beklemtoon die belangrikheid van bioverskeidenheid.
# Die Stad Kaapstad se Direktoraat vir Stedelike Afvalbestuur vra inwoners om voor 2 Mei kommentaar te lewer op sy voorgestelde begrotingsdoelwitte. Die begroting sal fokus op die betroubaarheid van vullisverwydering en skoonmaakdienste en sy vermoë om afval tot die minimum te beperk. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê die metro maak oor die volgende drie jaar reuse-beleggings in verbeterde afvalbestuursdienste:
# En ten slotte: Namibië se president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, wil ‘n kernkrag-aanleg in haar land laat bou. Dit volg ná haar onlangse vergadering met die Russiese adjunk-president, Yury Trutnev, oor moontlike samewerking rakende kernkrag. Nandi-Ndaitwah sê Namibië benodig ‘n mengsel van betroubare, skoon energie om die ekonomie te laat groei en die inwoners uit armoede op te hef. Die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, sê lande met ‘n lae vraag na elektrisiteit behoort nie een groot kernkrag-reaktor te hê nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….