Eko-minuut 13:30
BULLETIN 14 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Departement van Water en Sanitasie sê hy gaan voort met die beheerde vrylating van water uit die Vaal- en die Bloemhofdam om stygende watervlakke te verlaag. Die uitvloei van water uit die Bloemhofdam het tot 104,96-persent afgeneem. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê vyf van die Vaaldam se sluise bly oop:
# Die eThekwini Munisipaliteit het die Durbanse strande bekendgemaak wat gedurende Paasfees vermy moet word weens swak watergehalte. Strande met hoë vlakke van E. coli sluit in Laguna, Winklespruit en Doonside. Hierdie sluitings is deel van die deurlopende besoedelingskrisis wat die munisipaliteit ondervind. Watergehalte-toetse word weekliks uitgevoer en huidige uitslae toon dat agt strande uitstekende watergehalte het en van soggens ses-uur tot saans half-sewe oop is. Dit is Pipeline, Umgababa, Umhlanga se hoofstrand, Brighton, Ansteys, Bronze, Umdloti se hoofstrand, en Westbrookstrand.
# En ten slotte: Van 2028 af gaan skepe ‘n globale koolstofbelasting van een-duisend-800-rand per ton betaal tensy hulle skoner brandstof gebruik of tot die netto-zero-fonds bydra. Die ooreenkoms wat 60 lande deur die Internasionale Maritieme Organisasie onderteken het, wil skepe se vrystelling verminder, wat tans drie-persent van kweekhuisgasse uitmaak. In die Noordoos Atlantiese Oseaan is ʼn strenger brandstofreël en vrylating-beheersone ook goedgekeur. Amerika is gekant teen die plan en waarsku dit kan koste verhoog, en dreig met strafmaatreëls.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….