Eko-minuut 13:30
BULLETIN 2 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Nomalungelo Gina, waarsku dat Suid-Afrika die verwoestende gevolge van klimaatsverandering ervaar. Sy het op die 14de Internasionale Konferensie oor Suidelike-Halfrond Meteorologie en Oseanografie in Kaapstad verwys na uiterste weersomstandighede soos hittegolwe, droogtes en oorstromings. Gina versoek dringende wetenskaplike navorsing, tegnologie en wêreldwye samewerking om klimaatsverandering te verminder. Die vierdaagse konferensie bring die voorste weer- en klimaatswetenskaplikes bymekaar om aandag te gee aan die suidelike halfrond se uitdagings.
# Die Departement van Water en Sanitasie het ‘n derde sluis van die Vaaldam oopgemaak om die uitvloei te verhoog en invloei te bestuur. Die dam se huidige watervlak staan op 107,3-persent. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die groter uitvloei van die Vaaldam sal die Bloemhofdam na verwagting binne drie tot vier dae bereik en watervlak laat styg, wat beheer sal word deur die uitvloei geleidelik te verhoog:
# En ten slotte: Navorsing deur die Waternavorsingskommissie het die moontlikheid ondersoek om seewater te gebruik om toilette in Kaapstad te spoel en sodoende vars water te bewaar. Een van die kernbevindings is dat inwoners ‘n heffing van tot tien-persent op hul waterrekeninge sal betaal in ruil vir die gebruik van seewater om toilette te spoel. Die kommissie sê gemeenskappe kan deur die gebruik van groot seewaterreserwes by stede soos Kaapstad, die druk op dalende varswatervoorraad verlig en hul ekologiese spoor verklein.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….