Eko-minuut 13:30
BULLETIN 1 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Omgewingsake, Dion George, het lugbesoedelingsvrystellings toegestaan aan agt van Eskom se steenkoolkragstasies, maar hou vol dit is nie ‘n algehele vrystelling nie. Daar is streng voorwaardes verbonde aan die vrystellings, wat vyf jaar sal duur vir ses van die kragstasies en twee tot 2034. Dit sluit in die monitering van luggehalte, gesondheidsprogramme, die vermindering van uitstralings en die integrasie van hernubare energie. Die minister het beklemtoon Eskom bly aanspreeklik en moet dringend optree om besoedeling te verminder en terselfdertyd energiesekerheid waarborg:
Eskom sê hy sal George se besluit hersien. Die beslissing raak die vlakke vir swaeldioksied, stofdeeltjies en stikstofoksied by sleutel-kragstasies. Woordvoerder Daphne Mokoena sê die beslissing beteken Medupi, Majuba, Matimba, Kendal, Lethabo, Tutuka, Matla en Duvha kan in bedryf bly. Sy sê Eskom bly verbind tot nakoming, omgewings-verantwoordelikheid en deurlopende skakeling met reguleerders en belanghebbendes.
# En ten slotte: China se laer lugbesoedeling het aardverwarming skynbaar versnel. Navorsers sê ‘n afname in die gebruik van spuitkannetjies, wat aardverwarming verdoesel het, het sedert 1850 vyf-persent bygedra tot die styging in die aarde se temperatuur. China se nywerheidsrevolusie in die vroeë 2000’s het tot ernstige besoedeling gelei, wat streng luggehalte-regulasies tot gevolg gehad het. Hoewel die maatreëls openbare gesondheid verbeter het, beklemtoon die tydskrif News Scientist die ingewikkelde verband tussen besoedelingsbeheer en klimaatsverandering, wat kommer laat ontstaan oor die verwydering van spuitkannetjies.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….