Eko-minuut 13:30
BULLETIN 31 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, beklemtoon die belangrikheid van die beveiliging van Suid-Afrika se kuslyn van drie-duisend-592-kilometer, terwyl sy potensiaal vir regverdige welvaart, klimaatveerkragtigheid en gesonde ekologie ontsluit word. Die minister het onlangs die 2025-2030 Nasionale Kusbestuursprogram bekendgestel. Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê minister George benadruk die dringendheid van die program wat die fokus plaas op die land se kuslyn as ‘n nasionale bate wat bedreig word:
# Meer as 50 lande, stede, en organisasies het hulle verbind tot die vermindering van lugbesoedeling met 50-persent teen 2040. Die belofte is gemaak na die Wêreld-gesondheidsorganisasie se tweede konferensie oor lugbesoedeling en gesondheid in Colombië. Lugbesoedeling is jaarliks verantwoordelik vir sewe miljoen voortydige sterftes en is nou die tweede grootste wêreldrisikofaktor naas hoë bloeddruk. Die WGO se direkteur-generaal, Tedro Adhanom Ghebreyesus, sê daar is ‘n dringende behoefte aan beleggings in volhoubare oplossings soos skoon energie en volhoubare vervoer.
# En ten slotte: ‘n Studie wat mediadekking van COP15, COP27 en Taylor Swift vergelyk, het bevind dat bioverskeidenheids-kwessies aansienlik minder aandag kry as klimaatsverandering en popkultuur. Ondanks die COP15 se aanvaarding van die Kunming-Montreal-bioverskeidenheids-raamwerk, het dit baie minder nuusdekking gekry as COP27 en selfs Swift se album-vrystelling van Oktober 2022. Navorsers beklemtoon dat bioverskeidenheidsverlies, hoewel van kritieke belang, ‘n gebrek het aan ‘n duidelike boodskap en dramatiese elemente wat die media se aandag trek. Groter mediadekking word aangemoedig om bewustheid te verhoog en optrede aan te moedig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….