Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 26 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die onafhanklike kragvervaardiger, SolarAfrica, het finansiële afsluiting bereik vir die eerste 114-megawatt-komponent van sy spog-sonkragprojek, SunCentral, in die Noord-Kaap. Die aanleg wat in drie fases ontwikkel sal word, sal deur die land se kragnetwerk hernubare energie aan verskeie instellings lewer. Altesaam 1,8-miljard-rand is in die projek belê. Charl Alheit van SolarAfrica sê SunCentral sal vir sakeondernemings reg oor die land toegang bied tot goedkoper, groener krag.
# Die adjunkminister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, sê daar is ‘n behoefte aan vernuwende boumetodes om te midde van gure weerstoestande lewens te red. Hy het die Bou-omgewing se rolspelersforum en uitstalling in Pretoria geopen. Die geleentheid se tema is: Bou sterker vennootskappe vir volhoubare vernuwing. Zikalala sê die boubedryf moet mededingendheid bevorder en by klimaatsverandering aanpas:
# En ten slotte: SANParke sê die brand wat Sondagoggend in die Nuweland-ravyn in die Tafelberg Nasionale Park uitgebreek het, het weer opgevlam weens sterk wind oornag, wat die vlamme oor die Duiwelspiek-rand aangeblaas het. SANParke se woordvoerder, Charles Phahlane, sê die brand het intussen na Tafelbergweg en Vredehoek versprei. Hy sê brandbestuurspanne is na verskeie gedeeltes van Tafelbergweg en omliggende gebiede herlei om die brand te bestry:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….