Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Navorsers sê die flambojante sekretarisvoël en die dodelike slangvanger, die slangarend, tel onder dosyne van Afrika se groot roofvoëls wat voor ‘n mensgedrewe uitwissingskrisis staan. Die nuwe studie deur navorsers aan die Universiteit van St Andrews en die Peregrine-fonds het bevind groot roofvoëls wat nie van aasdiere afhanklik is nie en minder kwesbaar is vir vergiftiging, soos aasvoëls, toon ook dergelike ernstige afnames in getalle. Wetenskaplikes sê hierdie groot roofvoëls wat minder word, staar ‘n dubbele blootstelling in die gesig omdat hulle toenemend afhanklik is van beskermde gebiede en ook ‘n meer beperkte habitat het.
# Die klimaatwetenskaplike van die Reading-universiteit, Ed Hawkins stel voor ‘n nuwe kleur is weens klimaatsverandering nodig om temperatuurvlakke aan te dui. Die besluit volg op die aanteken van uiterste temperature in 2023, met die hoogste globale temperature wat tot nog toe aangeteken is. Die klimaatstrepe gebruik ‘n reeks vertikale gekleurde strepe om die planeet se verwarmingstendens visueel uit te beeld. Met die jongste temperatuurvlakke, stel Hawkins die byvoeging van ‘n nuwe kleur tot die skaal voor vir ‘n akkurate uitbeelding van die styging.
# En laastens: Wetenskaplikes het ontdek dat gesteentes koolstofdioksied doeltreffend en kostedoeltreffend uit die atmosfeer kan verwyder, selfs beter as sommige masjiengebaseerde metodes. Hierdie studie ondersoek verbeterde rotsverwering, ‘n natuurlike proses wat behels die afbreek van gesteentes wat aan die weer blootgestel is, as ‘n relatief eenvoudige en goedkoop manier om koolstof uit die lug te onttrek. Die bevindings open nuwe maniere om klimaatsverandering te versag, met sakelui en wetenskaplikes wat die potensiaal van verbeterde rotsverwering ondersoek as ‘n gedeeltelike oplossing om koolstofvrystellings te verminder.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….