Eko Minuut 13:30
BULLETIN 21 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Wes-Kaapse Byeboerorganisasie waarsku oor ‘n toename in heuningby-vergiftigings reg oor die provinsie, wat bioverskeidenheid en voedselsekerheid in gevaar stel. Volgens Daily Maverick het ‘n byeboer van Worcester, wat grootskaalse bestuiwingsdienste aan plase lewer, ‘n verlies van meer as 600 kolonies op ‘n enkele bloubessieplaas aangemeld. Die vereniging veroordeel die nalatige en dikwels oningeligte gebruik van landbouchemikalië, wat ‘n ernstige gevaar inhou vir voedselproduksie, die omgewing en die voorbestaan van byeboere.
# Die Parlement se gekose komitee oor Openbare Infrastruktuur sê om mariene oliebesoedeling te bestry is nie net ‘n omgewingsprobleem nie, dit is ook ‘n ekonomiese, maatskaplike en regsverpligting. Die komitee het gesamentlike mondelinge voorleggings aangehoor deur belanghebbers oor die Wetsontwerp op Mariene Oliebesoedeling Gereedheid, Reaksie en Samewerking. Die voorsitter van die komitee , Rikus Badenhorst, sê daar word van Suid-Afrika vereis om maatreëls aan te neem om voor te berei en te reageer op moontlike oliestortings in die land se maritieme gebied:
# En laastens: ‘n Baanbrekende veiling van ikoniese verhoog- en skerm-voorkomste in Hollywood, Give A Frock LA, aanvaar aanlyn aanbiedings tot Dinsdag. Dit staan onder leiding van die bekende stilis, Lindsey Hartman, en is daarop gemik om fondse in te samel vir diegene wat deur die veldbrande in Los Angeles geraak is. Bekendes soos Cher, Pamela Anderson, Charli XCX, Kelly Rowland, Olivia Rodrigo en Sabrina Carpenter het uitrustings geskenk. Hartman sê die veiling is ‘n kragtige bewys van die vermaaklikheidsbedryf se verbintenis tot sy gemeenskap:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….