Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Boere in Afrika suid van die Sahara word aangeraai om hulle gewasproduksie te wysig om by klimaatsverandering aan te pas. ‘n Navorser aan die Universiteit van Leeds, Stewart Jennings, stel voor die fokus moet verskuif na vrugte, groente, sorghum, manna en kassawe om voedselsekerheid vir optimale gesondheid te verbeter. Die huidige bevolking van 1,2-miljard sal na verwagting teen 2050 met 740-miljoen toeneem, en meer voedsel sal geproduseer moet word. Jennings benadruk die uitwerking van klimaatsverandering op weerpatrone sal die verskeidenheid gewasse wat verbou kan word, beperk.
# ‘n Verslag in die vaktydskrif, Nature Climate Change, beklemtoon die belangrike rol van die aanspreek van ongelykheid in die bereiking van ‘n netto-nul toekoms. Die studie betoog bestaande ongelykhede, soos in rykdom, inkomste en politieke invloed, asook toegang tot lae-koolstof opsies soos openbare vervoer, beperk die lewensvatbaarheid van die aanneem van lae-koolstof gedrag. Navorsers onderstreep ‘n gebrek aan politieke erkenning wat verhinder dat indiwidue oorskakel na meer klimaatvriendelike optrede. Beleidmakers word aangemoedig om gelyke geleenthede te skep vir lae-koolstof gedrag oor alle inkomstevlakke heen, wat verseker almal het die kapasiteit om volhoubare veranderings aan te bring.
# En laastens: Swede het gister sy koudste Januarie-nag in 25 jaar aangeteken met ʼn lesing van minus 43,6-grade Celsius in die verre noorde, toe skielike koue die land en die naburige Finland getref het. ʼn Temperatuur van minus 49-grade is in Januarie 1999 in Swede aangeteken, wat die rekord van 1951 geëwenaar het. Verskeie ander weerstasies het temperature van laer as minus 40-grade in die noordelike dele van Swede aangeteken.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….