Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Stad Kaapstad sê sowat 2,5- tot 3,5-miljoen liter drinkwater sal daagliks gespaar word wanneer behandelde afloopwater reg oor die metro vir besproeiing gebruik word. Die afloopwater word by ‘n suiweringsaanleg behandel waar onsuiwerhede verwyder word sodat dit veilig is vir hergebruik. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê dis ʼn uitstekende manier om water te spaar wanneer afloopwater behandel en vir besproeiing en nywerheidsdoeleindes gebruik word:
# ‘n Nuwe studie deur die Universiteit van Utrecht het bevind dat mure wat met plante bedek is, kan help om stede koeler te maak en bioverskeidenheid te verhoog. Navorsers, gelei deur die ekoloog Katharina Hecht, het groenmure, kaalmure en natuurlike hange vergelyk. Die groenmure het die temperatuur in die lug met tot 0,7-grade Celsius verlaag en ‘n tuiste gebied vir meer as 100 dierespesies. Die studie beklemtoon die belangrikheid van die integrering van groenmure in groter stedelike ekostelsels. Hecht se span ontwikkel nou ‘n digitale stelsel om die voordele van groenmure in verskillende klimate te meet.
# En ten slotte: Die geboorte van ‘n baba-swelhaai in ‘n akwarium in Louisiana het groot opgewondenheid veroorsaak nadat die eier uitgebroei het sonder dat ‘n mannetjie betrokke was. Yoko is gebore in ‘n tenk waarin slegs twee wyfies woon. Partenogenese, waar ‘n embrio gevorm word sonder dat bevrugting vooraf plaasgevind het, kon egter die geboorte veroorsaak het. Dit is ook moontlik dat bevrugting lank ná paring eers plaasgevind het. Die Shreveport-akwarium sê genetiese toetse sal nou gedoen word om te bepaal presies wat gebeur het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….