Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Mariene-besoedeling as wet onderteken, wat strenger maatreëls gee om oseane beter te beskerm teen besoedeling wat met skepe verband hou. Suid-Afrika het ‘n kuslyn van meer as drie-duisend-kilometers van Namibië aan die Atlantiese kus tot Mosambiek aan die Indiese Oseaan. Die Presidensie sê die wet verbreed die magte van die minister van Vervoer om regulasies op te stel, wat insluit die voorkoming van lugbesoedeling deur skepe. Die wetgewing verhoog ook boetes van 500-duisend- tot tien-miljoen-rand vir ernstige oortredings van die wet.
# Neëntien Afrika-pikkewyne wat gered is na ‘n oliestorting tussen Houtbaai en Kommetjie in Kaapstad word tans gerehabiliteer. Die bron van die storting is nog onbekend, maar die pikkewyne was glo ondervoed en gespanne. Daily Marverick berig die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls lei die rehabilitasie, wat insluit dat hulle gewas en hulle waterdigheid herstel word. Pogings word voortgesit om die bedreigde spesie skoon te maak en vry te laat om die uitwerking van oliebesoedeling op die natuurlewe teen te werk.
# En ten slotte: Veranderende patrone van klimaatsveranderlikheid en uiterste weervoorvalle het ‘n negatiewe uitwerking in Latyns-Amerika en die Karibbiese gebied. So lui ‘n nuwe verslag deur verskeie agentskappe van die Verenigde Nasies. Die verslag sê baie warm weer en droogte, wat vererger word deur die El Niño-weerpatroon, het die prys van mielies laat styg in Argentinië, Meksiko, Nicaragua en die Dominikaanse Republiek. Swaar reën in Ecuador het ‘n verhoging van 32- tot 54-persent veroorsaak in groothandelpryse. Die VN sê dringende optrede is nodig om veerkragtigheid op te bou binne die agrivoedsel-stelsels.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….