Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 27 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Suid-Afrika staal homself teen toenemende klimaatsgevare en kenners waarsku mense om gereed te maak vir uiterste weerstoestande. Weerkundiges beklemtoon die noodsaaklikheid van strategieë om gemeenskappe in die toekoms teen klimaatverwante rampe soos siklone te beskerm. News24 berig die stygende temperature sal droogtes, hittegolwe en waterskaarste vererger. Siklone word in verskeie dele van Suidelike Afrika verwag. Die temperatuur het sedert 1991 met 0,2-grade Celsius per dekade gestyg.
# Die Stad Kaapstad sê dis belangrik dat kinders geleer word om hul omgewing te beskerm. Die metro het onlangs ‘n geleentheid by die Laerskool Wallacedene in Kraaifontein aangebied waar leerders aangemoedig is om verantwoordelikheid te neem vir hulle omgewing deur behoorlike vullisverwydering en herwinning. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê hulle gelukbringer, Bingo, het beklemtoon hoe belangrik dit is om vullis in die vullisblik te gooi en herwinbare afval van gewone vullis te skei:
# En ten slotte: Indiese wetenskaplikes het moontlik ‘n nuwe spesie ietermagô ontdek ingevolge genetiese ontleding. Hy stam van die Chinese ietermagô af wat 3,4-miljoen jaar gelede geleef het. Die Indo-Burmese ietermagô het volgens berigte unieke eienskappe gehad, soos ‘n kenmerkende kopvorm en kopskubbe. Bewaarkundiges waarku egter dat die verwikkeling pogings kan bemoeilik om teen natuurlewe-smokkelaars op te tree. Kenners sê hoewel dit belowend is, is nog navorsing nodig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….