Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die bekende oseanograaf en marinebioloog, doktor Sylvie Earle, waarsku dat die wêreld gevaarlik naby aan die kantelpunt wat die balans van seelewe betref. Dit word toegeskryf aan klimaatsverandering, seerommel en die uitputting van visbronne. Sy sê ‘n dringende behoefte bestaan vir beleggings in tegnologie vir see-eksplorasie. Earle sê die wêreld is nog ver van die internasionale teiken om minstens 30-persent van die land en 30-persent van die see teen 2030 te beskerm.
# Rwanda sê hy het die eerste keer olie ontdek met ‘n bevestigde 13 reservoirs in die Kivu-meer, wat deel uitmaak van sy grens met die Demokratiese Republiek die Kongo. Die uitvoerende hoof van die Rwandese raad vir myne, petroleum en gas, Francis Kamanzi, sê 13 verkennende boorgate bevestig daar is olie. Hy is oortuig hulle sal nog vind, gegewe die aansienlike reserwes wat deur die buurlande Uganda en die DRK oorkant die Groot Mere-streek ontdek is. Rwanda doen al meer as ‘n dekade toetse en eksplorasie-boorwerk in die Kivu-meer.
# En laastens: Shell Suid-Afrika se Alberton-depot bevorder volhoubaarheid met sonkrag, battery-energieberging en biobrandstof-projekte. Die bestuurder, Fikile Nxumalo, beklemtoon Shell se toewyding om sy koolstofvoetspoor te verklein en hernubare energie te omhels. Nxumalo sê hierdie pogings stem ooreen met Shell se breër reis na volhoubaarheid en toekoms-versekerde bedrywighede. Alberton is een van die ondernemings wat verkoop is, maar hy sal steeds voortgaan om ‘n belangrike rol te speel in Shell se stroomaf-bedrywighede om ononderbroke dienste te verseker.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….