Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Afrika se energiekrisis gaan moontlik vererger te midde van ‘n groeiende bevolking en onderontwikkelde netwerke. Kenners voorspel die bevolking van Afrika suid van die Sahara gaan teen 2050 verdubbel wat die vraag na energie sal laat toeneem. Oilprice.com berig die vasteland wat die minste tot koolstofvrystelling bydra, sal steeds enorme klimaatkwesbaarheid beleef en word aangeraai om fossielbrandstof met hernubare energie te vervang. ʼn Opnameverslag deur die Queen Mary University of London het ook bevind regsgeskille kan in die toekoms toeneem omdat baie nasies energie-oorgang en belastinghervorming takel.
# Die Europese Kommissie sê met die verwagte groei in lugverkeer sal lugvaart soos alle ander vervoermetodes sy kant moet bring om teen 2050 klimaat-neutraal te wees. Volgens die Internasionale Lugvervoervereniging kan verkeer in die lugvaartbedryf teen 2050 1,8-miljard ton koolstof vrystel as tradisionele stralerbrandstof steeds gebruik word. Die kommissie sê om die geen-vrystellingvlak te bereik, moet 65-persent van die totale vermindering bereik word deur volhoubare lugvaartbrandstof te gebruik.
# En laastens: ‘n Internasione studie het bevind dat ontbossing die belangrikste bedreiging vir tropiese woude bly, maar dat verrykte voeding uit landbou- en fossielbrandstof ook beduidende gevare inhou. Die studie in Current Forestry Reports toon dat oormatige voedingstowwe vinnig groeiende spesies nog vinniger laat groei, diversiteit verlaag en woude verswak. Die Navorsers waarsku dat dit ekostelsels en koolstofstoring kan ontwrig. Die bevindings dui op ‘n dringende behoefte aan voedingbesuur om tropiese woude te bewaar omdat dit kritiek is vir die biodiversiteit en klimaats- en menslike volhoubaarheid.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….