Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die 2024 Global Water Monitor Report beklemtoon die toenemende uitwerking van klimaatsverandering op die watersiklus te midde van die styging in uiterste weerstoestande wêreldwyd. Rekord-reënval en erge droogtes het vernietigende oorstromings en watertekorte veroorsaak wat miljoene ontheem en miljarde se skade veroorsaak het. Die verslag vra dringende optrede om kweekhuisgasse te verminder en beklemtoon die behoefte aan sterker infrastruktuur en beter gereedheid. Vroeëwaarskuwingstelsels en droogtebestande oplossings word ook aanbeveel.
# Die lot van twee moordvisse is onseker nadat ‘n marine-dieretuin in Frankryk Sondag gesluit het. Nuwe dierewelsyn-wetgewing wat die aanhou van dolfyne en walvisse in mariene-dieretuinvertonings verbied, is in 2021 aanvaar maar word volgende jaar van krag. Marineland Antibes naby Cannes hou tans twee moordvisse aan – die 23-jarige Wikie en haar 11-jarige seun, Keijo. Die meeste kenners is dit eens dat die twee Yslandse orkas nie in die natuur sal oorleef nie omdat hulle in gevangenskap gebore is en nie die nodige oorlewingsvaardighede het nie.
# En laastens: ʼn Spaanse toeris in Thailand is dood toe ʼn olifant wat sy gewas het, haar aangeval het. Die 22-jarige student, Blanca Ojanguren Garcia, en haar kêrel het die Yao Yai-eiland in die suidweste van Thailand besoek toe die aanval plaasgevind het. ʼn Werker by die Koh Yao-sorgsentrum vir olifante sê die paartjie het een van die olifante gewas toe Garcia voor hom verbyloop en hy haar met sy slagtand deurboor. Kenners reken die olifant was moontlik gespanne weens die druk van interaksie met toeriste.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….