Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 Desember 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, sê meer beleggings in waterstof word by die Coega Spesiale Ekonomiese Sone benodig. Die premier en die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, was vir drie dae in Japan om beleggers te oorreed om in die bedryf te belê. Die woordvoerder van die Oos-Kaapse regering, Khuselwa Rantjie, sê die besoek was belangrik vir Suid-Afrika om homself as globale leier in die produksie en uitvoer van groenwaterstof te vestig, in ooreenstemming met Japan se koolstofvrystelling-doelwitte.
# Die Stad Kaapstad het tien rob-draagbare as skenking ontvang om groot rob-karkasse aan die kus te verwyder. Die draagbare sal ook gebruik word om dolfyne en ander seediere te red. Duisende dooie robbe spoel elke jaar op strande uit, veral wanneer kleintjies gebore word. Onderburgemeester Eddie Andrews sê Kaapstad se rob-bevolking kom hoofsaaklik voor by Duiker-eiland, waar daar gewoonlik tussen sewe- en agt-duisend robbe is, en Rob-eiland waar ongeveer 20-duisend van die diere leef.
# En ten slotte: Verlede maand was die twee warmste herfs tot nog toe in Amerika, net ‘n kortkop agter November verlede jaar. Die Amerikaanse Oseaniese en Atmosferiese Administrasie sê Asië het die warmste November ooit gemeet, terwyl die Oseaniese gebied en Suid-Amerika hul tweede warmste November ondervind het. Vanjaar is waarskynlik die warmste jaar ooit.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….