Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 November 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Greenpeace Africa sê met COP29 in sy laaste week, vra hy steeds vir ‘n volhoudende fonds vir verlies en skade, en ‘n nuwe gesamentlike doelwit wat Afrika se behoeftes vir klimaatfinansiering weerspieël. Die doel van die konferensie in Azerbeidjan se hoofstad, Baku, is dat al die lande sal instem tot ooreenkomste rakende kwessies soos finansiering, koolstofmarkte en die toekoms van fossielbrandstof. Greenpeace Africa sê elke oomblik van niksdoen kos lewens en vererger die klimaat-onreg wat Afrika bedreig.
Die Verenigde Nasies se klimaatshoof, Simon Stiell, sê intussen leiers van die wêreld se grootste ekonomieë het hulle verbind om finansiële hervorming te bevorder om sterk klimaatsoptrede binne alle lande se bereik te plaas. Besprekings oor die behoefte om klimaatsfinansiering vinnig en aansienlik op te stoot, het deel gevorm van die beraad in Baku. Stiell sê lande moet baie vinniger beweeg na ‘n skoon-energie en klimaatbestande wêreldekonomie:
# En ten slotte: ‘n Dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand, Shannon Conradie, is aangewys as die ontvanger van die Jennifer Ward Oppenheimer-navorsingsbeurs, wat ongeveer 2,6-miljoen-rand beloop. Ward se navorsing maak gebruik van scenario-modelle om veranderings in die gedrag van woestynvoëls te begryp en te voorspel te midde van hul reaksie op die wêreldwye temperatuurverandering. Ward sê die maksimum lugtemperatuur sal in sekere woestyngebiede met tot vyf grade Celsius styg, wat ver bo die verdraagsaamheidsvlak van woestynvoëls is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….