Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 18 November 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Tshwane en Johannesburg is medegashere en medevoorsitters van die 2025 Urban20-siklus. Dit is bevestig op die U20-beraad wat die C40 en Verenigde Stede en Plaaslike Regerings in Rio de Janeiro, Brasilië, belê het. Die woordvoerder van Tshwane se burgemeester, Zintle Mahlati, sê die U20 is ‘n belangrike byeenkoms wat wil seker maak stedelike voorkeure hou verband met klimaatsoptrede en volhoubare ontwikkeling, en dien as unieke platform waar stede die wêreldwye agenda kan beïnvloed:
# Volgens nuwe navorsing stel tropiese vleilande ongekende vlakke van metaangas vry wat wêreldwye pogings bedreig om klimaatsverandering die hoof te bied. Metaan is ‘n kragtige kweekhuisgas en 80 keer meer doeltreffend as koolstofdioksied om hitte oor 20 jaar vas te vang. Studies skryf die skerp styging toe aan tropiese streke, met die Kongo, Suidoos-Asië, die Amasone en die suide van Brasilië as die groot bydraers. Ondanks globale beloftes om metaangas teen 2030 met 30-persent van sy 2020-vlak te verminder, is die vrystellings van fossielbrandstowwe steeds te hoog.
# En ten slotte: Joe Biden het die eerste sittende Amerikaanse president geword om die wêreld se grootste tropiese reënwoud, die Amasone, te besoek. Hy het met plaaslike en inheemse leiers vergader wat werk om die kritieke ekostelsel te bewaar en te beskerm. Die Amasone-streek is ‘n bergplek vir reuse-hoeveelhede van die wêreld se koolstofdioksied, ‘n kweekhuisgas wat klimaatverandering aandryf. Biden het ‘n proklamasie onderteken wat die 17de November as Internasionale Bewaringsdag aandui. Hy het die stryd teen klimaatsverandering as ‘n bepalende aspek van sy presidentskap beskryf:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….