Eko-minuut 13:30
Goeiemiddag. Ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae: …
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 November 1:30 nm
# Die Franse Ontwikkelingsagentskap sê hulle werk saam met Billike Energieoordrag-vennote om ‘n balans te vind tussen Suid-Afrika se energiebehoeftes en sy klimaatverpligtinge. AFD het onlangs nog ‘n beleidsgebaseerde lening van 7,5-miljard-rand goedgekeur om die land se Billike Energieoordrag te ondersteun, insluitend die wegbeweeg van steenkool. Suid-Afrika, een van die wêreld se grootste vrystellers van kweekhuisgasse, verkeer onder druk om sy koolstofvoetspoor in toom te hou. AFD se uitvoerende hoof, Remy Rioux, sê die versterking van die netwerk is noodsaaklik om meer hernubare-energieprojekte te koppel.
# Die Wêreldwye Natuurfonds het ‘n hulpmiddel bekendgestel om finansiële instellings te help om hul risiko vir blootstelling aan finansiële omgewingsmisdaad te bekamp. Omgewingsmisdaad is wêreldwyd die derde grootste onwettige bedrywigheid. Die instrument kan finansiële instellings help om nuwe kliënte te sif en bestaande kliënte weer na te gaan. Volgens WWF kan dit ook help om gevare uit te wys wat met veranderde grondgebruik soos ontbossing verband hou en op finansiële misdaad kan neerkom.
# En ten slotte: Die Verenigde Koninkryk gaan wetgewing voorstel om nuwe steenkoolmyne te verbied terwyl die Arbeiders-regering planne gereed kry om Brittanje ‘n leier in skoon-energie te maak. Die regering gaan die nuwe wetgewing bekendstel om die toekomstige lisensiëring van nuwe steenkoolmyne so gou moontlik te beperk, en bestempel dit as ‘n noodsaaklike stap om klimaatsverandering teen te werk. Brittanje se laaste steenkool-aangedrewe kragstasie, Ratcliffe-on-Soar, het verlede maand gesluit. Brittanje het daarmee die eerste G7-land geword om sy afhanklikheid van fossielbrandstof vir krag te beëindig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….