Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 November 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Seitlholo, sê die toestand van munisipaliteite se watersuiweringsaanlegte dra grootliks by tot die wydverspreide besoedeling van Gautengse waterweë. Die voorkoms van riool in strate, riviere en damme het nie eintlik verbeter na die ondersoek na alle munisipale watersuiweringstelsels en die publikasie van die Groendruppel-verslag in Desember verlede jaar nie. Seitlholo sê damme word bedreig deur besoedeling van watersuiweringstelsels, oorlaaide stelsels, gebreekte pompstasies en riool-lekkasies.
# Die DA in die Vrystaat veroordeel die Moqhaka-munisipaliteit se volgehoue storting van onverwerkte riool in die Valsrivier. ‘n DA-woordvoerder, Chris Dalton, sê hierdie omgewingsramp duur reeds sedert 2021 voort toe die destydse adjunkpresident, David Mabuza, se ingryping misluk het. Hy sê die rioolaanleg se verbroude opgradering van 16-miljoen- en 93-miljoen-rand vir fases een en twee werk steeds nie:
# En inwoners van die Indiese hoofstad, Nieu-Delhi, het vandag in ‘n laag giftige rookmis verstik toe verergerende lugbesoedeling tot meer as 50 keer meer as die aanbevole daaglikse maksimum van die Wêreldgesondheidsorganisasie gestyg het. Baie mense in die stad kan nie lugfilters bekostig nie en hulle huise kan ook nie doeltreffend verseël word teen die ellende van onwelriekende lug wat glo duisende voortydige sterftes veroorsaak het. Lare temperature en ligte wind keer elke winter dodelike besoedeling vas, wat strek van middel Oktober tot ten minste Januarie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….