Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 November 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die wenners van die Earthshot-prys-toekennings is op ‘n geleentheid in Kaapstad aangekondig. Die prys, wat in die lewe geroep is deur die prins van Wallis, steun wêreldwyd volhoubare, eko-vriendelike projekte. Onder die wenners is die Green Africa Youth Organisation, wat gedragsverandering gebruik om gemeenskappe te help om rommel op te ruim, en Keep IT Cool, ‘n maatskappy in Kenia wat boere met sonkragaangedrewe verkoeling help om oes-afval te beperk. Prins William sê die prys is ‘n samewerkende beweging vir verandering:
# Omgewings- en gemeenskapsgroepe, insluitend die Green Connection, Aukotowa Fisheries en Natural Justice, het die Wes-Kaapse Hooggeregshof gevra om TotalEnergies se planne te keer om langs die Weskus vir olie te boor. Hulle is van mening die regering het met die goedkeuring van die projekte nie ag geslaan op die gevare vir die marienelewe, kusgemeenskappe en die omgewing nie. ‘n Woordvoerder van Green Connection, Lisa Makaula, glo die goedkeuringsproses was onbillik en vra meer volhoubare energie-oplossings:
# En ten slotte: Die Stad Tshwane vier tien jaar se lidmaatskap van die C40 Stede Klimaatsleierskapgroep. C40 is ‘n globale netwerk van bykans 100 burgemeesters van leidende stede wat verenig is in optrede om die klimaatskrisis te pak. Een van die groep se doelwitte is om te help met die beperking van globale verhitting tot 1,5-grade Celsius. Die metro se woordvoerder, Zintle Mahlati, sê lidmaatskap van C40 het Tshwane ondersteun om inklusiewe klimaatsoptredeprogramme aan te bied:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….