Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 November 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Grootbos- privaat natuurreservaat is een van die ontvangers van die Globale Verantwoordelike Toerisme-toekennings. Die vyfster-eko-lodge in Gansbaai in die Wes-Kaap het die toekenning ontvang in die afdeling vir indiensneming van, en vaardigheidsontwikkeling vir plaaslike gemeenskappe in gasvryheid, tuinbou, entrepreneurskap en bioverskeidenheid. Ander ontvangers sluit in die Rajasthan Studio in Indië en die Sivatel Bangkok-hotel in Thailand.
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Suid-Afrika is vasbeslote om die nasionale geïntegreerde strategie in te stel om onwettige handel in natuurlewe te beveg. Hy het in Kaapstad die Verenigde Nasies se agste Natuurlewe-tussenstreekse toepassings-vergadering bygewoon. Die strategie wil ‘n multidissiplinêre wetstoepassingsbenadering vestig wat die onwettige handel in natuurlewe plaaslik en buite landsgrense vernietig. George sê die land veg nie alleen om die planeet se spesies van gewetenlose misdadigers te red nie.
# En ten slotte: Die Krugerwildtuin raai besoekers aan die Letaba-ruskamp in Mpumalanga aan om gereed te wees vir die skril gezoem van sonbesies wat tans wemel in die gebied. Hierdie insekte se verskyning in groot getalle, hang af van temperatuur, vogtigheid en reënval. Hulle is onskadelik, maar word aangetrek deur lig. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, raai besoekers aan om deure toe hou en stoepligte saans af te skakel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….