Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 November 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en Omgewing, Dion George, sê die Stad Kaapstad staar moontlike vervolging deur die Nasionale Vervolgingsgesag in die gesig vir sy voortgesette onwettige storting van riool in kuswaters. Die metro stel tans sowat 30-miljoen liter rou onbehandelde riool in seebewaringsgebiede deur stortings aan die Atlantiese kus. Michael Beaumont van ActionSA sê die metro se regverdiging is gegrond op rioolstortingspraktyke wat meer as ‘n 100 jaar oud is en dateer van voor die Grondwet en relevante omgewingswetgewing:
# Die dodetal ná swaar reën en haelstorms wat kitsvloede in Spanje veroorsaak het, het tot 158 gestyg. Dit is die dodelikste oorstromings in die land se moderne geskiedenis. Valencia en omstreke is die swaarste getref met wydverspreide verwoesting van infrastruktuur, en brûe, paaie en spoorlyne wat weggespoel het terwyl plase onder water is. Oorstromings is ook by die stede Murcia en Malaga aangemeld. Die Spaanse Departement vir Sekerheid en Noodgevalle het weerwaarskuwings uitgereik aangesien nog reën vandag en môre verwag word.
# Kenners waarsku dat regerings nog ‘n dekade kan beleef waar biodiversiteit verlore gaan weens die stadige instelling van ʼn internasionale ooreenkoms om die vernietiging van die Aarde se ekostelsels te keer. ʼn Ooreenkoms wat in Desember 2022 by die Biodiversiteit Cop15 onderteken is, sluit teikens in om 30-persent van die planeet teen die einde van die dekade te beskerm. Campaign for Nature se direkteur, Brian O’Donnell, sê politieke voorkeur aan die natuur is steeds te min en dit word weerspieël in die gebrekkige vordering met teikens.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….