Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 31 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die regering beplan om vanaf volgende jaar voorrang te gee aan klimaatsveerkragtigheid en gereedheid vir rampe, om gemeenskappe en infrastruktuur te beskerm teen die groeiende uitwerking van klimaatsverandering. Sleutelplanne sluit in die bou van meer volhoubare infrastruktuur, die verbetering van vroeë waarskuwingstelsels, en die verbetering van noodreaksievermoëns. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het in sy minibegrotingsrede aangekondig die regering wil toekomstige uitgawes beperk en ‘n veiliger, meer klimaatsbestande Suid-Afrika verseker:
# Die Departement van Water en Sanitasie het opnuut sy verbintenis bevestig om klimaatsverandering en die invloed daarvan op waterbronne en sanitasiedienste in die land aan te pak. Volgens die Verenigde Nasies se Wêreldinstituut vir Navorsing oor Ontwikkelingsekonomie sal klimaatsverandering teen 2050 die beskikbaarheid van water oor byna die hele Suid-Afrika raak. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê hulle besef die dringendheid om oor te skakel na ‘n lae-koolstof-, klimaatbestande ekonomie:
# En ten slotte: ‘n Verslag van die Europese Unie vir Geo-wetenskappe waarsku dat die bereiking van netto-zero in die volgende paar dekades nie aardverwarming onmiddellik sal stop nie. Globale kweekhuisgas-uitlatings het in 2023 rekordhoogtes bereik en die aarde het terselfdertyd sy warmste jaar beleef. Lande wat deel is van die Paryse Klimaatsooreenkoms mik om netto-zero teen 2050 te bereik. Die verslag toon dat die vertraging van netto-zero met vyf jaar sal lei tot ‘n hoër gemiddelde globale oppervlaktemperatuur en see-ys vir honderde jare sal verminder.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….