Eko-minuut 13:30
BULLETIN 8 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die tuinboukundige, Richard Arm, het kamelia-liefhebbers aangemoedig om die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes, Kaapstad, te besoek en sy internasionaal-erkende kamelia-tuin te vier. Dit volg na ‘n onlangse suksesvolle geleentheid waar meer as ‘n duisend struike tentoongestel is. Arm sê die landgoed bevat Afrika se enigste “Internasionale Tuin van Uitnemendheid”. Hy het beklemtoon dat die tuin vanaf April tot September ‘n blomme-tapyt is, wat delikate en flambojante kamelia-variëteite ten toon stel:
# Mpumalanga se windenergie-projek van 155-megawatt het nou finansiële steun. Dit volg op ‘n kragaankoop-ooreenkoms van 15-jaar tussen Seriti Green en Energy Exchange van Suider-Afrika. Die projek van vyf-miljard-rand sal 25 windturbines insluit en sowat 525-gigawatt-ure lewer sodra dit in volle produksie is. Seriti Green se uitvoerende hoof, Peter Venn, sê die ooreenkoms begin ‘n nuwe hoofstuk in Suid-Afrika se energiemark waar onafhanklike kragvervaardigers en handelaars in staat is om in die langtermyn betroubare, skoon krag te lewer.
# En ten slotte: Bokkuddes speel ‘n rol in die voorkoming van veldbrande in Spanje. Verswengende hitte veroorsaak elke somer weghol-veldbrande in die suide van Europa en verwoes groot gedeeltes plantegroei. Die aantal brande in Katalonië het egter verlede jaar afgeneem, al was dit die derde jaar van die ergste droogte in ‘n eeu. Die streeksregering skryf dit toe aan beter brandvoorkomingsmaatreëls, terwyl bokke ook bydra. Die diere, bekend vir hul gulsigheid, voed op doringplante soos kaktusse of brandnetels, wat ideaal is om bosse uit te roei en natuurlike brandpaaie te skep.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….