Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Menslike bedrywighede is die rede vir wat die Wêreldwye Natuurfonds as ‘n katastrofiese verlies aan spesies beskryf. Volgens ‘n opname het die wêreld se natuurlewe-bevolkings, van olifante in tropiese woude tot karetskilpaaie by die Groot Koraalrif, binne 50 jaar met 73-persent gedaal. Die verslag is gegrond op die Lewende Planeet-aanwyser van bevolkingstellings oor vyf dekades van meer as vyf-duisend voëls, soogdiere, amfibiese diere, reptiele en visse. Daar is bevind agteruitgang en verlies van habitat is die grootste bedreiging vir wildspesies, gevolg deur oorbenutting, indringerspesies, siektes, klimaatsverandering en besoedeling.
# Die Departement van Water en Sanitasie sê opvolgtoetse is aan die gang nadat cholera in die Harts- en die Vaalrivier in Noordwes en die Noord-Kaap gevind is. Inwoners word gewaarsku om nie onbehandelde water uit dié riviere te drink of daaraan te raak nie. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê roetine-toetse het die teenwoordigheid van cholera op vyf plekke uitgewys, wat munisipaliteite aangespoor het om hul watersuiweringsprosesse te verbeter:
# En die Elektroniese-afvalvereniging van Suid-Afrika stel vandag sy tweede landwye E-afvaldag-veldtog bekend om mense aan te moedig om elektroniese afval te herwin. Vanjaar se veldtog sluit meer as 100 aflaaipunte in asook ʼn week van eko-aktivisme met belonings aan verbruikers en bedryfsamewerking. Mense het verlede jaar in hordes opgedaag om e-afval te herwin, en 164-duisend-kilogram is in een naweek ingesamel. Die herwinningskoers van e-afval in Afrikalande is minder as een-persent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….