Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, en Noorweë se minister van Klimaat en Omgewing, Tore Onshuus Sandvik, is aangestel om informele samesprekings te lei oor klimaatsveranderings voor en tydens die Verenigde Nasies se Klimaatsveranderingskonferensie. COP29 sal in November gehou word in Bakoeu, Azerbeidjan, waar lande sal byeenkom oor vordering en om te onderhandel oor multilaterale reaksies op klimaatsverandering. George sê die aanwys van Suid-Afrika as ‘n ministeriële mede-bemiddelaar erken die land se lank-gevestigde leierskapsrol by die multilaterale klimaatsonderhandelings.
# Die DA in Limpopo sê hy gaan ‘n mosie by die wetgewer indien om die stand van varswaterbronne in die provinsie te bespreek. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het onthul 28 water-suiweringsaanlegte in Limpopo het tussen 2019 en 19 September vanjaar opdragte ontvang in verband met die storting van onbehandelde riool in varswaterbronne. Lindy Wilson van die DA sê die gebrek aan gevolgbestuur sal die stryd om drinkwater te verskaf, vererger:
# En die Departement Water en Sanitasie het gemeenskappe langs die Vaal- en die Hartsrivier gewaarsku om nie onbehandelde water te gebruik nie nadat cholera tydens roetine-toetsing op vyf plekke gevind is. Woordvoerder Wisane Mavasa het plaaslike munisipaliteite aangeraai om behoorlike watersuiwering te verseker, en inwoners gevra om water te kook voor gebruik:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….