Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Nywerheidsontwikkelingsorganisasie van die Verenigde Nasies sê Suid-Afrika se ekonomie word al hoe meer bedreig deur die uitwerking van klimaatsverandering, wat uitloop op ‘n skaarste aan belangrike natuurbronne. Die land is besig met ‘n billike oorgang na ‘n lae-koolstof, klimaatsweerstandige en omgewingsvolhoubare ekonomie. Die organisasie sê die Nywerheidsklimaatsverandering-aanpassingsprojek steun nywerhede met die ontwikkeling van gewenste weë en meer volhoubare praktyke tydens die oorgang na klimaatsveerkragtige bedrywe.
# Reusebydraes het daartoe gelei dat die Tuinroete-aasvoëlherstelsentrum in George in die Wes-Kaap sy deure vir die publiek heropen het. Dit volg ná uitgebreide opknappings- en herstelwerk na stormskade. Die sentrum se hooffokus is om aasvoëls weer in hul natuurlike omgewing vry te laat. Die stigter, Bertus Beukes, sê die publiek het ingespring nadat hulle hulp gevra het:
# En ‘n noodtoestand is in dele van Florida afgekondig nadat die tropiese storm Milton tot ʼn kategorie een-orkaan versterk het. Dit volg dae nadat Orkaan Helene in verskeie state soos Florida, Georgia en Noord-Carolina verwoesting gesaai en minstens 225 lewens geëis het. Florida se goewerneur, Ron DeSantis, sê hy het alle rampbestuursentrums opdrag gegee om oop te bly terwyl die staat die puin opruim ná Orkaan Helene:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….