Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Presidensiële Klimaatskommissie beskou billike energie-oordrag as ‘n sleutelgebeurtenis in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die kommissie se hoof van indiensneming-strategie, Devan Pillay, het tydens die Windaba 24-konferensie gesê die proses is daarop gemik om die land se ekonomiese agteruitgang om te keer deur werkers van verskeie sektore op te lei en inwerkingstelling op plaaslike vlak te verseker. Abigail Khuluse van die National Business Initiative het intussen die belangrikheid beklemtoon om vaardighede in ooreenstemming te bring met die oordrag na ‘n laekoolstof-ekonomie.
# Die Stad Kaapstad sê hy is opgewonde om prins William in November vir die Earthshot-toekenningsgeleentheid te ontvang. Die Earthshot-prys is ‘n ambisieuse wêreldwye omgewingsprys wat die wêreld se mees vernuwende klimaat- en omgewingsoplossings ontdek en in die kollig plaas. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê dis die eerste keer dat die jaarlikse prysuitdeling in Suid-Afrika plaasvind:
# En MetPac-SA het sy Trash4Treats-kompetisie na 25 skole in Gauteng en tien skole in KwaZulu-Natal uitgebrei, saam met bestaande deelnemers in die Wes-Kaap. Dit word in samewerking met Mr Bin en Phoenix for the Planet aangebied. Die Trash4Treats-kompetisie moedig leerders aan om metaalblikkies en ander herwinbare items bymekaar te maak wat dan herwin word om fondse vir hulle skole in te samel. MetPac-SA se uitvoerende hoof, Kishan Singh, sê skole wat die meeste herwinbare afval per capita insamel, sal ‘n gedeelte van 60-duisend-rand ontvang vir opknappings by hulle skool.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….