Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 27 September 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ‘n kouefront wat die suidweste van die Wes-Kaap môre gaan tref. Woordvoerder Celeste Fourie sê sneeuneerslae word van Sondagoggend op die hoogliggende dele van die provinsie verwag, wat teen Maandag na die Oos-Kaap sal uitbrei. Sy sê sneeu sal die suide van KwaZulu-Natal Dinsdagoggend bereik:
# Die Stad Kaapstad sê omgewingsfaktore bly ‘n bedreiging vir openbare gesondheid. Die metro het 209 omgewingsgesondheid-praktisyns in diens wat opdrag het om alle gebiede waar die omgewing en openbare gesondheid oorvleuel, te monitor en te bestuur. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die somerhitte verhoog die gevaar dat kos vinniger sleg word, kieme vinniger versprei en diarree toeneem:
# En ten slotte: Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Bernice Swarts, sê die regering se instelling van die Wet op Klimaatsverandering en die uitgebreide verantwoordelikheidsregulasies vir produsente is ‘n beduidende verskuiwing in hoe die land afval benader. Suid-Afrika skep na raming 122-miljoen ton afval per jaar, en slegs tien-persent word herwin of hergebruik, terwyl die res na stortingsterreine gaan, of onwettig gestort word. Swarts sê die idee dat afval ‘n hulpbron, eerder as ‘n las kan wees, het nywerhede hervorm, maar voeg by dat die afvalkrisis nog lank nie opgelos is nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….