Eko-minuut 13:30
BULLETIN 6 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Burgerlike organisasies en kusgemeenskappe het amptelik appèl aangeteken teen die regering se omstrede besluit om goedkeuring te gee vir Shell se Ultra Deep olie- en gasprojek aan die Weskus. Die gebied waar Shell wil ontgin, is tussen Port Nolloth in die Nood-Kaap en Lambertsbaai in die Wes-Kaap. Green Connection se woordvoerder, Neville van Rooy, sê dit blyk Shell se verslag oor maatskaplike en omgewings-uitwerking is gebrekkig en vol foute, wat goedkeuring roekeloos en moontlik onwettig maak:
# Die Kaapstadse stadsraad het die Bioverskeidenheids-ruimtelike plan 2025 as raadsbeleid aanvaar. Die beleid dien as ‘n handleiding vir ruimtelike beplanning, omgewings-beoordeling en natuurlike hulpbronbestuur vir ‘n verskeidenheid sektore wie se beleide en besluite bioverskeidenheid raak. Die metro bestuur meer as 20-duisend hektaar in sy 22 natuurreservate en 16 bioverskeidenheidsooreenkoms-bewaringsgebiede. Die onderburgemeester, Eddie Andrews, sê Kaapstad is die eerste munisipaliteit in Suid-Afrika wat ‘n ruimtelike bioverskeidenheidsplan ontwikkel en toegepas het.
# En ten slotte: ‘n Grootskaalse soek-en-reddingsoperasie is aan die gang in die staat Uttarakhand in die noorde van Indië ná ʼn verwoestende modderstorting. Vier mense is dood en 100 word vermis. Sowat 150 soldate het gehelp om 20 mense te red. Eerste minister Narendra Modi sê spanne doen alles moontlik om te help. Klimaatkenners sê dodelike oorstromings en grondstortings kom gereeld voor tydens Indië se reënseisoen, maar voeg by dit gebeur meer gereeld en is erger weens klimaatsverandering.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….